• Media type: E-Article
  • Title: Kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: die geleefde ervaringe van spraak-taalterapeute
  • Contributor: Botha, Mariëtte; Gerber, Berna
  • Published: LitNet Akademies, 2023
  • Published in: LitNet Akademies, 20 (2023) 2, Seite 449-497
  • Language: Not determined
  • DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n2d4
  • ISSN: 1995-5928
  • Origination:
  • Footnote:
  • Description: Opsomming In ’n bevolkingsdiverse land soos Suid-Afrika stem die spraak-taalterapeut (STT) en die kliënt se taal en kultuur nie altyd ooreen nie. Kliënte1 word dus dikwels in hul tweede of selfs derde taal bedien. Dit bring verskeie uitdagings, maar ook belonings teweeg, wat ’n impak kan hê op die spraak-taalterapeute (STT’s) se ervaring van wat dit beteken om ’n STT te wees wat vroeë-kommunikasie-intervensie- (VKI-) dienste lewer. VKI verwys na terapie vir kinders met kommunikasie-agterstande of -afwykings tussen in die ouderdomsgroep 0–3 jaar in samewerking met hul gesinne. VKI moet kultuurtoepaslik wees, omdat dit die kind se versorger en natuurlike omgewing betrek. Die studie wat ons hier beskryf, het ten doel om die essensie van die geleefde ervaringe van STT’s wat daagliks kruislinguisties en -kultureel (KLEK) praktiseer in openbare hospitale en klinieke in die Oos-Kaap te ondersoek en ’n dieper, ryker begrip daarvan te ontwikkel. Ná doelbewuste deelnemerseleksie het ses deelnemers wat in openbare hospitale en klinieke in Gqeberha en Kariega werksaam is en onlangse ervaring van KLEK VKI het, aan die navorsing deelgeneem. Narratiewe onderhoude is aanlyn uitgevoer, getranskribeer en ontleed volgens die fenomenologiese-hermeneutiese metode van interpretasie wat deur Ricoeur (1976) se interpretasieteorie geïnspireer en deur Lindseth en Norberg (2004) ontwikkel is. Die geloofwaardigheid van die navorsingsproses is onderskraag deur ’n samewerkende kodeerder, die skep van ’n ouditspoor, oorsig deur akademiese eweknieë en deelnemerkontrolering (“member checking”) waar deelnemers gevra is om die geloofwaardigheid van die temas te verifieer. Die bevindinge word aan die hand van vyf hooftemas bespreek, naamlik: ervaring van ’n interne wroeging; bewustheid van eie kultuurbevoegdheid; ervaring lei tot kennis; konfrontasie met struikelblokke; verskillende strategieë om struikelblokke te oorkom. Die diepgaande interpretasie van die deelnemers se ervaring het as volg geskied: Deelnemers het eienaarskap van hul werksituasie geneem deur die daaglikse implementering van strategieë; deelnemers was besorgd oor die effektiwiteit van hulle dienste; deelnemers het kritiese selfrefleksie gedemonstreer deur krities te dink en in die beste belang van hul kliënte op te tree. ’n Aanpassing van Bradshaw (2013) se raamwerk vir kultuur-responsiewe VKI word voorgestel en die kliniese implikasies hiervan vir terapeute en opleidingsinstansies word bespreek. Ons beveel aan dat verdere navorsing gedoen word om die geleefde ervaringe van versorgers wat aan die ontvangkant van KLEK VKI is, te ondersoek.
  • Access State: Open Access